DAAR is kommerwekkende nuus van oor die wêreld heen van mense wat sommer self tuis die middels chlorokien en hidroksichlorokien gebruik om Covid-19 te behandel. Daar is ook al 'n hele paar voorvalle van chlorokien-vergiftiging (https://edition.cnn.com/2020/03/23/africa/chloroquine-trump-nigeria-intl/index.html)aangemeld en daar is al meer as een mens dood (https://edition.cnn.com/2020/03/23/health/arizona-coronavirus-chloroquine-death/index.html) wat die middel geneem het.
Wetenskaplikes het die potensiaal van chlorokien in die stryd teen coronavirusse die eerste keer (https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC1232869/)aangemeld ná die Sars-epidemie in 2003 (https://www.who.int/ith/diseases/sars/en/).
Die onlangse verwarring oor die middels is blykbaar die gevolg van die Amerikaanse president, Donald Trump, se aankondiging op Twitter (https://twitter.com/realdonaldtrump/status/1241367239900778501) dat hidroksichlorokien en 'n ander middel (die antibiotikum azitromisien (https://www.nhs.uk/medicines/azithromycin/)) saam die nuwe coronavirus sou kon stuit. Die Amerikaanse Food and Drug Administration het daarna 'n verklaring uitgereik (https://www.fda.gov/news-events/press-announcements/coronavirus-covid-19-update-fda-continues-facilitate-development-treatments) waarin hulle gesê het hulle ondersoek nog of chlorokien wel mense met ligte tot matige Covid-19 kan beter maak. Nie een van die twee middels is in die VSA goedgekeur (https://www.bbc.co.uk/news/51980731)om Covid-19 te behandel nie. Toetse word steeds elders ook gedoen, waaronder in China (https://www.who.int/blueprint/priority-diseases/key-action/RD-Blueprint-expert-group-on-CQ-call-Mar-13-2020.pdf), om te kyk of dit wel kan help om mense wat weens Covid-19 in die hospitaal beland te behandel. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.