VENTILATORS, masjiene wat pasiënte help asemhaal as hulle self nie kan nie, is van die belangrikste toestelle om Covid-19-pasiënte in ’n kritieke toestand aan die lewe te hou. Maar daar is nie naastenby genoeg van hierdie peperduur masjiene in die wêreld nie.
In Eerste Wêreldlande soos Italië en in Amerika deel pasiënte nou al ventilators, en vervaardigers kan nie voorbly met bestellings nie.
In Suid-Afrika, sê spesialiste, gaan intensiewesorgeenhede in ons hospitale klippe kou as die vuis van die pandemie die land tref, want ons het nie genoeg ventilators om aan die verwagte vraag te voldoen nie. En dis ook nie so maklik om net nog aan te koop nie, selfs al sou Suid-Afrika die nodige geld hê om die masjiene te koop. Die toestelle verkoop ook teen ’n stewige sowat R500,000 elk...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Martha Ngoye: Die astrante heldin