SUID-AFRIKANERS is al vir twee van vyf weke tuis ingevolge die inperkingsmaatreëls om die grootskaalse verspreiding van Sars-CoV-2 (die coronavirus wat Covid-19 veroorsaak) te probeer stuit. Dit neem gemiddeld tussen vyf en 14 dae vandat jy die virus opdoen voordat jy simptome van Covid-19 ontwikkel. Sou dit gebeur, hoe versorg jy hierdie persoon tuis? Wanneer gaan jy hospitaal toe? En hoe kan jy voorkom dat ander mense in die huis ook aansteek?
Wanneer moet ek vir Covid-19 getoets word?
Moenie jouself laat toets as jy nie simptome het nie, selfs al vermoed jy dat jy moontlik aan die virus blootgestel is. Jy sal nie noodwendig positief toets totdat die virus ordentlik posgevat het nie – dus in die tydperk ná infeksie, maar voordat jy begin simptome toon – en 'n vals-negatiewe uitslag kan gedrag aanmoedig wat die virus onwetend verder versprei, maan die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios)...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.