Repatriasie en isolasie is nie vir sissies nie

CORONA-VAKANSIE

Repatriasie en isolasie is nie vir sissies nie

Op 13 Maart klim die Vorster-gesin op ’n vliegtuig Londen toe vir vakansie, en daar sluit Cyril die land se deure agter hulle. Asof dit nie ’n geswoeg en gesukkel was om weer in hul moederland te kom nie, het die isolasietydperk terug op eie bodem sy eie bekommernisse en beslommernisse opgelewer. CARIEN VORSTER vertel van haar gesin se allesbehalwe-’n-avontuur.

ONS klim toe mos 13 Maart op die vliegtuig Londen toe. Buig of bars – ons gaan vakansie hou! En daar sluit Cyril die deur agter ons en elke nuwe terugvlug wat ons bespreek, word gekanselleer.

Ons kamp uit by familie, slaap op uitslaanbanke en matrasse, deel badkamers en ontsmetters, en drink baie wyn. Later word dit lente in Londen en al die grootmense is op konferensie-oproepe terwyl ons met moeite kyk dat die kinders iets leer.

Ons hoor van Suid-Afrikaners wat van oor die hele wêreld heen op pad was huis toe en nou op Heathrow rondsit, want niemand vlieg meer suid nie en hulle het nie visums om hul tone by die deur uit te steek nie. Kort voor lank is ons op ’n WhatsApp-groep saam met Thembi Tambo, dogter van Oliver en Hoë Kommissaris van Suid-Afrika in Londen. Sy rapporteer dat ’n interdepartementele taakspan dag en nag daaraan werk om ons terug te kry in ons moederland. Ons moet sorg dat ons name op die lys kom...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X