Waarom jy ’n gesigskerm by jou virus-arsenaal moet voeg

DEURSIGTIGE OPLOSSING

Waarom jy ’n gesigskerm by jou virus-arsenaal moet voeg

Terwyl ons vir ’n entstof wag, hoef ons nie op ons hande te sit nie. Daar is nóg wat ons kan doen om onsself te beskerm, skryf HANLIE GOUWS.

TEEN dié tyd het die meeste mense die maskerdraery onder die knie, en afgesien van ’n paar andersdenkendes is daar niemand meer wat sal stry dat maskers en hande was jou teen die coronavirus beskerm nie.

Ondervinding en bewyse (https://jamanetwork.com/journals/jama/fullarticle/2765525) dui daarop dat gesondheidswerkers, selfs in hierdie pandemie, nie dikwels infeksies opdoen tydens pasiëntesorg as hulle die regte beskermende drag aan het nie. Dié werkers doen meestal infeksies op in hul eie gemeenskappe, waar daar nie gewoonlik beskermende drag is nie. 

As jy na die arsenaal vir gesondheidswerkers kyk, doen ons gewone mense reeds baie van die goed wat ons by hulle geleer het, waarvan handhigiëne die heel belangrikste is. Een van die vrae wat kenners nou probeer beantwoord terwyl die meeste lande worstel met hoe, hoeveel en wanneer om beperkings op beweging op te hef en die ekonomie te heropen, is of gesigskerms, as dit universeel gebruik word, genoegsame ekstra beskerming sal bied om saam met slim toetsing, kontakopsporing en handhigiëne kan help om die verspreiding van die virus onder ’n kritieke drempel te hou...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.