Gevaar dreig omdat al die ander siektes afgeskeep word

DRUK VAN ALLE KANTE

Gevaar dreig omdat al die ander siektes afgeskeep word

’n Oorlog word tans op twee fronte gelyk beveg. Aan die een kant is die stryd teen Covid-19, aan die ander kant teen siektes soos MIV, tuberkulose, kanker en ander chroniese siektes wat steeds met ons is. Die coronavirus het nóg meer druk op die gesondheidstelsel en private mediese sorg en al sy pasiënte geplaas, skryf ELSABÉ BRITS.

DIE land se gesondheidsorgstelsel gaan nog lank sukkel met die rimpeleffek van die bykomende druk wat Covid-19 daarop plaas.

As ’n gesondheidswerker byvoorbeeld aan 'n pasiënt met Covid-19 blootgestel word, moet die persoon getoets word. Tans neem dit nog lank om dié uitslag te kry, en die vertraging beteken minder personeellede is in die stelsel beskikbaar.

“Dit is baie, baie harde werk vir almal van ons in die hospitaal. Roetinedienste is moeiliker om te lewer. Uitputtend. Ons doen buddy checks om na mekaar om te sien. Die sielkundige uitputting is reusagtig. Dit is regtig 'n moeilike jaar,” sê dr. Jenny Edge, hoof van die bors- en endokriene-eenheid aan die Universiteit Stellenbosch se fakulteit geneeskunde en gesondheidswetenskappe...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.