IN Kaapstad klim hulle op 'n groot rooi skip. Die SA Agulhas II is spoggerig, 'n moderne navorsingsvaartuig wat selfs deur ys kan breek. Die groep wetenskaplikes en tegnici vaar suidoos, rigting Suidpool.
Ná 'n week en meer as 2,000 km verrys Marion-eiland uit die koue oseaan – 'n wilde en winderige plek met miljoene seevoëls, tienduisende robbe en omtrent 20 mense wat die afgelope jaar hier deurgebring het. Dit is April en die skip vertoef vir drie weke terwyl twee groepe mense op die eiland werskaf. Hulle maak die basis reg en samel data in vir studies van onder meer die klimaat, ekologie en geologie. As die skip vertrek, bly die nuwe span agter om vir die volgende 12 maande die fort te hou.
Waarom al die belangstelling in Marion-eiland? Dit is die enigste stukkie land vir duisende kilometers, so navorsing hier is noodsaaklik om te verstaan wat in die wye oseaan tussen Afrika en Antarktika aangaan. Net so is die bietjie land belangrik om die verlede uit te pluis – van die oerklimaat tot meer onlangse patrone...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.