Nóú begin Covid-19 sy slagtande wys

DIE UUR HET AANGEBREEK

Nóú begin Covid-19 sy slagtande wys

Suid-Afrika is nóú in die kritieke stadium van die stryd teen Covid-19. Wat in die komende dae en weke gedoen word, sal bepaal hoeveel mense uiteindelik gaan sterf. Elke tien dae verdubbel die aantal sterftes, terwyl daar ’n ontploffing van gevalle in Gauteng is en die Oos-Kaap se gesondheidstelsel basies ineengestort het, skryf ELSABÉ BRITS.

“NOU is nié die tyd om siek te word nie”, sê prof. Francois Venter,  adjunkdirekteur van die Instituut vir Reproduktiewe Gesondheid en MIV aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hy is een van die mense wat in die voorste linies is om te help, en vertel sy foon was die hele dag vas aan sy oor soos wat hy honderde oproepe probeer hanteer het. 

Dit is ernstig, sê hy. “Onthou, die mense wat nou siek is, is drie weke gelede reeds geïnfekteer. So oor drie weke gaan ons ’n heel ander prentjie sien. Beskerm nóú jouself en veral mense met kanker, diabetes en enige een wat ’n verswakte immuniteitstelsel het. Jy móét ’n masker dra en ’n fisieke afstand hou.” 

Die afgelope tyd het die aantal infeksies in Gauteng die hoogte ingeskiet. Die Wes-Kaap is nog nie naastenby buite gevaar nie. In KwaZulu-Natal begin gevalle styg. In die Oos-Kaap het jare se afskeep en korrupsie gesorg dat hospitale glad nie die plaaslike epidemie kan hanteer nie. ’n Katastrofe is besig om in die Oos-Kaap af te speel, in ’n provinsie wat selfs voor Covid-19 nie in die openbare sektor behoorlike gesondheidsorg kon lewer nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.