Covid-19: Waarom grootte saak maak in twis oor hoe virus versprei

DIS NIE JA OF NEE NIE

Covid-19: Waarom grootte saak maak in twis oor hoe virus versprei

Word die coronavirus hoofsaaklik deur druppeltjies oorgedra, of deur die lug? ELSABÉ BRITS skryf oor waarom dié kwessie nou weer aktueel is, en oor ander vrae wat steeds oor die siekte hang.

GROOTTE maak saak as dit by patogene kom, want dit kan ’n rol speel in hoe hulle versprei. Dít het weer 'n impak op hoe 'n mens in 'n mate kan probeer voorkom dat jy andere aansteek, of hulle vir jou.

Maande lank al is daar 'n heen-en-weer-gestryery oor die verspreiding van die ernstige akute respiratoriese sindroom-coronavirus-tipe-2 (Sars-CoV-2) wat Covid-19 veroorsaak.

'n Groep van 239 wetenskaplikes van 32 lande het dié week 'n kommentaarartikel in die vaktydskrif Clinical Infectious Diseases (https://academic.oup.com/cid/article/doi/10.1093/cid/ciaa939/5867798) geskryf waarin hulle die gronde gee waarom hulle dink die virus versprei deur die lug (dat dit “airborne” sou wees)...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X