Virusgolwe breek verwoestend oor Kaapstadse hawe

BOTTELNEK

Virusgolwe breek verwoestend oor Kaapstadse hawe

Die pandemie het die perfekte storm in die Kaapstadse hawe veroorsaak, en nóg Transnet nóg enige ander rolspeler in Suid-Afrika se kritieke in- en uitvoerketting was hierop voorbereid, skryf SONJA CARSTENS.

VAN die meer as 1,000 Transnet-werknemers wat al vir Covid-19 positief getoets het, is meer as 600 in die Wes-Kaap. Meer as 400 uit die totaal is by een van Transnet se hawens aangemeld. Tot dusver was die meeste van dié gevalle in die Kaapstadse hawe.

Ná maande van inperkingsregulasies wat uitvoere gekortwiek het, is dié hawe toegegooi met sitrus- en wynboere se oeste, terwyl daar geworstel word om tussen 40% en 60% van normale kapasiteit te hanteer.

Die gevolg was fel kritiek teen Transnet van die landbousektor omdat die bottelnekke oeste se rakleeftyd in die gedrang bring en uitvoere vertraag...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.