Wes-Kaap en Gauteng maak gereed vir Covid-19-piek

MERKE, GEREED ...

Wes-Kaap en Gauteng maak gereed vir Covid-19-piek

Pres. Cyril Ramaphosa het die Covid-19-pandemie die grootste krisis in die land se demokratiese geskiedenis genoem. In die lig daarvan dat die Wes-Kaap en Gauteng byna 64% van die land se totale bevestigde infeksies het, het KATHRYN CLEARY die departemente van gesondheid in al twee provinsies gevra hoe gereed hulle vir die komende piek is.

PRESIDENT Cyril Ramaphosa het Sondag die Covid-19-pandemie die grootste krisis in die land se demokratiese geskiedenis genoem. Hy het gesê volgens huidige vooruitskattings sal die pandemie sy piek tussen einde Julie en einde September in al nege provinsies in die land bereik. Hoewel die uitbreking in die Wes-Kaap aanvanklik baie vinniger as in ander provinsies toegeneem het, haal ander provinsies nou vinnig in. Gauteng se getal bevestigde gevalle het die laaste paar dae dié van die Wes-Kaap verbygesteek.

Op 13 Julie het Gauteng altesaam 103,713 bevestigde gevalle gehad, en die Wes-Kaap 79,344.

In die lig daarvan dat die Wes-Kaap en Gauteng net minder as twee derdes van die land se totale bevestigde infeksies het, is die departemente van gesondheid in dié twee provinsies oor hul voorbereidings uitgevra...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.