Jou babelas, my angs

NUGTER WEET

Jou babelas, my angs

Terwyl dit juig en dreun soos die drankwinkels se deure oopswaai en die proppe skiet, lê ANONIEM snags wakker – want twee alkoholiste na aan haar het van haar ’n lewenslange angslyer gemaak. Sy staan dus drie-uur in die oggend op en skryf haar storie.

EK het vanoggend van so drieuur se koers af wakkergelê met angssimptome: ’n Hart wat wild klop, beklemming op die borskas, gedagtes wat galop. Toe besluit ek ná drie uur van diep asemhaling, mantras en pogings om my “monkey mind” stil te kry om maar eerder op te staan en iets te skryf.

Met Suid-Afrika wat juig – van Kaapland tot bo in die Noorde – oor die drankverbod wat uiteindelik gelig is, voel ek in die algemeen nie juis veel nie. Ek is trouens half bekommerd dat so baie van my mede-landsburgers se lewensvreugde so swaar leun op die vrug van die wingerdstok. Want as ek ’n lys moet maak van die trauma wat ek al moes beleef weens ander mense se geswaeldheid, sou ek seker ’n boek kon skryf.

Ek is die dogter van ’n alkoholis, en die vrou van ’n rehabiliterende alkoholis. My angssimptome het begin toe my man hom verskeie kere in die hospitaal in gedrink het en in twee rehabilitasiesentrums beland het voor hy uiteindelik die wynfles gelos het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.