OMDAT die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMNR) se siektelas-navorsingseenheid al dekades lank die oorsake van sterftes in die land bestudeer, het die pandemie en die staat van inperking sekere neigings en patrone duidelik laat uitstaan.
Prof. Debbie Bradshaw, hoofspesialis van dié eenheid, wys op die onmiddellike daling in onnatuurlike sterftes aan die begin van die streng staat van inperking in April. Sulke sterftes sluit in dié weens padongelukke, misdaad en enige soort ongeluk, soos ’n val of verdrinking. Suid-Afrika het jaarliks gemiddeld sowat 60,000 onnatuurlike sterftes.
In Junie het sterftes vanweë natuurlike oorsake skielik begin styg en styg. Natuurlike sterftes sluit in dié weens siekte, hetsy oordraagbaar of nie-oordraagbaar, en dus ook aan Covid-19. Die data hiervoor word verskaf deur die departement van binnelandse sake, waar sterftes geregistreer word...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.