Nie almal kan spiere soos Cheslin Kolbe hê nie

GENE SPEEL ’N ROL

Nie almal kan spiere soos Cheslin Kolbe hê nie

Talle faktore gaan bepaal hoe jou lentelyf lyk – hoe aktief jy gedurende die inperking was, wat jy geëet het, maar ook jou genetiese patroon, skryf DEVLIN BROWN.

DIE inperking het die fiksheidsbedryf handomkeer verander. Baie mense het buitelug-aktiwiteite soos draf en stap begin beoefen, wat hulle lewenslank sal bevoordeel, terwyl talle klein sakeondernemings baklei om te oorleef en tydskrifte en koerante toemaak.

Slim gims het geskuif na aanlyn klasse en mense met genoeg geld het hulle eie gimtoerusting gekoop – wat dit vir die meeste van ons onmoontlik gemaak het om by ’n weerstandsband uit te kom, wat nog te sê ’n handgewig.  

Sommige van ons gaan dus die lente binne met dieselfde lyf as wat ons voor die inperking gehad het, terwyl ander beter gaan lyk en ander inderdaad slegter – al die harde werk van voor die ramptoestand lank vergete. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.