Weet voordat jy sweet: Ken die gevare van teruggaan gim toe

PANDEMIE-FIKS

Weet voordat jy sweet: Ken die gevare van teruggaan gim toe

Hoera, ons mag weer rook, drink en gimnasium toe gaan – maar minstens oor laasgenoemde is daar nog heelwat vrae wat beantwoord moet word en vrese om te besweer voordat mens dit kan waag, skryf ROZANNE ELS.

SOOS met ander sakesektore, van klerehandelaars tot skoonheidsalonne, is die fiksheidsbedryf vasgevang tussen ekonomiese oorlewing en die gevare van Covid-19. Die virusgevaar is nooit heeltemal afwesig nie, hoewel sekere omgewings en omstandighede ’n groter risiko inhou as ander.

Terwyl my oefentekkies stof vergader het, is gimnasiums genoop om aan gevestigde sakemodelle te torring. Om die ekonomiese gevolge van die pandemie te oorleef, sou nie net veranderinge soos die ontwikkeling en uitbreiding van aanlyn oefenklasse verg nie, maar ook om lede se vertroue terug te wen wanneer gimnasiums weer sou oopmaak.

Streng voorsorgmaatreëls om die verspreiding van Covid-19 te keer is nie net om aan regeringsvereistes te voldoen nie, maar probeer ook om lede terug te lok met ’n omvattende waarborg van eersteklas-higiëne en ’n smettelose oefenomgewing. “Dis veilig hier, belowe!” is die trant van die stroom boodskappe van gimnasiums aan hul lede, gevolg deur ’n ellelange lys reëls wat lees soos ’n oorlogstrategie teen die corona-vyand. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.