Gee só jou eerste (versigtige) treë weg van virusvoosheid

NUWE WÊRELD

Gee só jou eerste (versigtige) treë weg van virusvoosheid

Ons is virusvoos en uitgemergel. Ná maande se isolasie wil jy ook ’n naweek weggaan of dalk gaan uiteet; miskien saam met vriende kuier, maar hoe doen jy dit op ’n verantwoordelike manier? Dalk veg jy ook teen ’n donker vorteks wat ’n vreemde wêreld gebring het, skryf ELSABÉ BRITS.

DIT voel soos ’n koue maalstroom water wat die afgelope ses maande woedend oor my gekolk het. Af en af trek dit my na die benederyk van die dieptes. Die onbekende, die vreemde.

Tot een dag, dan spoeg dit jou uit by Drieankerbaai, in Kaapstad. Dit was daar by dié klein baai met sy onheilspellende wilde water waar ek onlangs gestaan en na die mense en die see gekyk het. En toe huil ek oor 2020, en seker maar oor myself ook.

Ek kon nie anders nie as om te dink aan die reënerige wintersnag 55 jaar gelede toe ’n radelose Ingrid Jonker hier die see ingestap en haarself oorgegee het aan die groot einde. Toe raak ek sommer hartseer oor haar dood op 32, en alles en almal se swaarkry daarna...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.