Covid-19: Die slegte en goeie nuus

GETALLE STYG WEER

Covid-19: Die slegte en goeie nuus

Wêreldwyd is Covid-19-gevalle weer besig om te styg en dit is waarskynlik ook Suid-Afrika se voorland in die komende paar maande. Tog is daar goeie nuus: Indien dit gebeur, is die hoop dat dit nie so erg sal wees soos in Junie en Julie nie. ELSABÉ BRITS skryf oor wat nou aangaan.

’N MENS moet jouself seker ook nie vet om die oë smeer dat alles verby is nie. Daar is nog 4,118 mense oor die land heen weens Covid-19 in die hospitaal, van wie 608 in intensiewe sorg is, 243 mense moet nog geventileer word en honderde ontvang ander vorme van suurstof. Vir hulle is die stryd beslis nie verby nie.

Hierdie is statistieke van al die privaat hospitale en 89% van die openbare hospitale in die land, volgens die jongste waarnemingsverslag van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios). Altesame 73,700 Suid-Afrikaners was so siek weens Covid-19 dat hulle die laaste paar maande in die hospitaal opgeneem moes word.

Prof. Debbie Bradshaw, hoofspesialis en leier van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMNR) se Siektelas-navorsingseenheid, sê al het Suid-Afrika sy piek van Covid-19-positiewe gevalle in middel Julie bereik, is die sterftesyfer aan natuurlike oorsake nog nie waar presies waar dit moet wees, vergeleke met historiese data nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.