200 dae en 200 nagte: Wat was, wat is en wat nog voorlê

JAAR VAN DIE PANDEMIE

200 dae en 200 nagte: Wat was, wat is en wat nog voorlê

Sedert pres. Cyril Ramaphosa die staat van inperking op 15 Maart aangekondig het, is Suid-Afrikaners nou al vir meer as 200 dae in een of ander mate ingehok. Hoe het dinge verander tussen toe en nou? WILLEM KEMPEN doen verslag.

15 MAART voel soos ’n leeftyd gelede, en tog bly daar steeds baie vrae oor die Covid-pandemie en wat die beste manier is om daarop te reageer. Min of meer die enigste ding waaroor almal nog die heeltyd saamstem, is dat jy jou hande gereeld moet was. Toe was daar nog nie eens konsensus dat die dra van ’n gesigmasker (https://www.vryeweekblad.com/gesondheid-en-omgewing/2020-03-26-maskers-hoe-watter-en-moet-ek-enigsins/) hoegenaamd infeksie kan keer nie; nou weet ons darem dit het meer voor- as nadele míts dit reg gebruik word.

Toe het ons die refrein gehoor: luister na die wetenskaplikes. Dis nog steeds waar, maar nou weet ons dat selfs gerekende wetenskaplikes soms heftig kan verskil, en dat mens kieskeurig moet wees na wie jy luister.

Toe het ons gestry oor hoe erg hierdie ding nou eintlik gaan raak; aan die een kant was daar die alarmistiese projeksies van groot dele van bevolkings wat uitgewis kon word, aan die ander kante diegene wat volgehou het “dis maar net soos griep”. Nou weet ons die waarheid is iewers in die middel: Covid is lewensgevaarlik, veral vir mense met sekere onderliggende siektetoestande, maar dit kán behandel word en die meeste mense word genees. In Suid-Afrika staan die herstelkoers (https://mediahack.co.za/datastories/coronavirus/dashboard/) nou op meer as 90%, maar terselfdertyd is wetenskaplikes steeds nie seker hoeveel van die hersteldes dalk langtermyn-skade aan byvoorbeeld hul hart en longe gaan oorhou nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.