Plastiek-pandemie: Wees ’n slimmer verbruiker

PLASTIEK-WÊRELD

Plastiek-pandemie: Wees ’n slimmer verbruiker

Plastiek is nuttig en dis orals: in verpakking, selfone, klere … noem maar op. Dit is ook in riviere, op strande, in die diepsee en ander plekke waar dit nie hoort nie. Dis nie net onooglik nie, maar maak diere dood en het allerhande slegte gevolge vir ons omgewing. Is daar weens die Covid-pandemie nou selfs meer plastiekbesoedeling as tevore? PIETER BOTHA kyk na probleme en oplossings.

PLASTIEK is goed. In vandag se wêreld kan ’n mens kwalik daarsonder. Dit is goedkoop om te maak, lig en duursaam. En danksy al die verskillende soorte plastiek met verskillende eienskappe het dit ’n magdom gebruike. 

Plastiek is ook sleg. Baie plastiek beland in die omgewing, waar dit ontsier, verstrengel, verstik en versmoor. As diere plastiek inneem, kan hulle siek word of doodgaan. Albatrosse en seeskilpaaie is maar net ’n paar van die baie diere wat plastiek eet, met dikwels noodlottige gevolge. Ons plastiekvullis waai rond in die wind, vloei af in riviere en dryf op seestrome tot by die mees afgeleë eilande. Dit vat honderde of selfs duisende jare om te vergaan. Dit kan ook afbreek tot klein deeltjies – mikroplastiek – waarvan ons nog nie al die uitwerkings verstaan nie. Ons weet wel dat mikroplastiek ook deur die lug versprei (https://www.nature.com/articles/s41561-019-0335-5) en selfs ver van mense af neerreën.

Maak die Covid-pandemie ook ons plastiekprobleem erger? Daar is beslis kommer oor meer plastiekbesoedeling. Langs die Franse Riviera (https://www.theguardian.com/environment/2020/jun/08/more-masks-than-jellyfish-coronavirus-waste-ends-up-in-ocean), byvoorbeeld, vind duikers wat gereeld die kus fynkam deesdae ook heelwat handskoene, maskers en botteltjies waarin handontsmettingsmiddel was...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.