‘Ek is ’n onderwyser, en ek drink ’n pilletjie ...’

PSIGIESE GESONDHEID IN DIE ONDERWYS

‘Ek is ’n onderwyser, en ek drink ’n pilletjie ...’

Na aanleiding van ons onlangse nuusbrief oor bewustheid van psigiese gesondheid, het onderwyser HELENA EWERT haar nasienwerk kortliks opsy gesit, en 'n opstel van haar eie geskryf.

RSG berig vanoggend oor onderwysers se verswakkende geestesgesondheid. Nou is hierdie juffrou so bewusgemaak dat sy vir Vrye Weekblad ietsie skryf.

Eerder as om na te sien. 'n Goeie aanduiding dat ek nie bewus genoeg is van my eie geestesgesondheid nie ... Die punte moet hierdie Vrydag in wees en ek het eintlik nog 'n week nodig om deur al die opstelle en antwoordstelle te kom.

My slim seun sê dit sal vinniger gaan as ek nie vir almal rooipenbriefies van waardering en aanmoediging skryf nie. My bekommerde dokter sê ek moet minstens ses ure ononderbroke slaap kry om my fibromialgie onder beheer te hou. My kreatiewe psigiater sê ek moet skryf. My geduldige sielkundige moedig my keer op keer aan om nie al my energie vir klasgee te gebruik nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.