DIS ’n regressie pleks van vooruitgang in geneeskunde – die beweging van diegene wat gekant is teen entstowwe (anti-vaxxers) en dan boonop twyfelaars met pseudo-wetenskaplike waninligting na hulle kant probeer oorhaal.
Algemene kognitiewe foute word uitgebuit en vals korrelasies word gebruik om entstowwe met gesondheidsprobleme te verbind. Of blote samesweringsteorieë, soos gesien in die fliek Vaxxed.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het in 2019 die weiering om te immuniseer as een van die tien grootste bedreigings vir gesondheid verklaar. ’n Groot probleem is dat ’n baie hoë persentasie van ’n bevolking teen ’n patogeen geïmmuniseer moet word om dit uit te roei, anders is so ’n poging letterlik soos ’n druppel in die oseaan. Daardie verlangde trop-immuniteit word nié bereik deur die siekte aan te steek (die natuurlike manier) nie, maar deur ’n entstof...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.