Kreef kwyn, vissers ly en die gangsters voel vere

VISBEDRYF SE KREEFTEGANG

Kreef kwyn, vissers ly en die gangsters voel vere

Kleinskaalvissers sukkel om kop bo water te hou weens onder meer Covid-19 se impak op die kreefsektor en elders. Praktiese ‘keerwalle’ word tans bedink om die gety te help stuit, skryf JORISNA BONTHUYS.

DIE jaar 2020 was tot dusver bitter moeilik vir kleinskaalvissers wat van uitvoermarkte afhanklik is. Die kreefsektor het tot stilstand geruk selfs nog vóór die pandemie ons kuslyn getref het, toe die coronavirus deur China en die Verre Ooste geswiep het. Uitvoer het in die hek geduik en plaaslike restaurante moes boonop in die inperkingstydperk hul deure sluit. 

Duisende keinskaalvissers is met leë hande gelaat. Terselfdertyd het pogings om die regering se kleinskaalvissersbeleid toe te pas verlangsaam. 

Groter rolspelers in die kreefsektor het net so erg deurgeloop. Sommige het van hul wettig toelaatbare vangste in die water gelos, want sonder toegang tot hul tradisionale markte was dit nie winsgewend om dit alles te vang of verwerk nie. Sedertdien hinkepink die bedryf voort. Die seisoen is wel tot in Junie verleng en vissers wat fokus op die oop see en aan die Noord-Kaapse kus kon tot meer onlangs kreef uithaal...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.