SA het ’n hand in die spel om nuwe Covid-entstof vir Afrika te bekom

PLAASLIKE SPANNE DEEL VAN KLINIESE TOETSE

SA het ’n hand in die spel om nuwe Covid-entstof vir Afrika te bekom

Die hoof van die Suid-Afrikaanse been van belangrike kliniese toetse vir ’n Covid-19-entstof is baie trots op die spanne se bydrae tot die navorsing wat volgens vroeë bevindings wat dié week uitgereik is, toon die entstofkandidaat is meer as 90% doeltreffend, sê ADELE BALETA. En pres. Cyril Ramaphosa het die nasie ingelig hoe SA betrokke gaan wees om dit uiteindelik in Afrika beskikbaar te stel.

DIT is ’n enorme ontwikkeling, en baie opwindend, sê dr. Essack Mitha, hoof van die Suid-Afrikaanse been van uiters belangrike kliniese toetse vir Covid-19-entstof. Hy is baie trots op die spanne se deel van die navorsing wat volgens vroeë bevindings wat dié week in ’n mediaverklaring uitgereik is, aandui dat die entstofkandidaat meer as 90% doeltreffend is.  

“Die tussentydse resultate is baie belowend. Dit gee my baie hoop, want dit kan die weg baan vir ’n entstof wat voor die einde van die jaar ontwikkel kan word,” sê Mitha, ’n spesialis in kliniese toetse en eienaar van Newtown Clinical Research in Johannesburg.

Pfizer en BioNTech, ’n Duitse maatskappy, het dié week aangekondig dat hulle entstofkandidaat suksesvol was in die voorkoming van simptomatiese Covid-19-siekte in die eerste tussentydse ontleding van die fase 3-toets wat 44,000 mense uit verskeie lande insluit...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.