’n Trop reisende elande red die Kaap se bedreigde ekostelsels

HERSTEL BRING VREUGDE

’n Trop reisende elande red die Kaap se bedreigde ekostelsels

Enorme wildsbokke ‘snoei’ nou die veld op Vergelegen in die skadu van die Hottentots-Hollandberge, as deel van die Gantouw-projek, skryf JANINE STEPHEN.

DIE soöloog Petro Botha het gewonder of die vyf volgroeide elande wat sy grootgemaak het sedert hulle kapknie-kalfies was haar dalk sou ophou vertrou nadat haar besoeke van daagliks tot weekliks gedaal het. Voorheen het die inperking kontak weke lank verbied.

Maar ná ’n oggend van deeglik wei en data-insameling het die elande soos katte om haar opgekrul – een kan tot soveel as ’n buffel weeg. Met hul helder oë toe en neuse by hul lieste ingedruk, het hulle vir ’n middagslapie weggedryf. ’n Eland wat diep langs jou droom? Dis wanneer jy weet jy’s nog deel van die trop.

Die elande – Mike, Gibbs, Bernie, Uniqua en Little P (ja, P vir Petro) – het einde Julie by die 10ha renosterveld van die Vergelegen-wynlandgoed by Somerset-Wes ingedrentel. Ondanks die oorweldigende impak van hul teenwoordigheid is hulle nie die hoofdoelwit van ’n innoverende bewaringsprojek nie, maar sy hulpmiddel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.