OMGEWINGSAKE
Weskus: See, sonskyn, en ’n omgedolwe landskap
Weerstand teen ’n mynreus se uitbreiding aan die Weskus groei selfs vinniger as die kraters en sandhope wat soos groot swere die landskap ontsier. Terwyl daar nog vrae is oor ’n omgewingsevaluering en die regering se betrokkenheid al dan nie, bring ’n onlangse hofuitspraak egter ’n sprankie hoop vir die kritieke biodiversiteitgebied, skryf MIRIAM MANNAK.

Deel
WOEDE bou al geruime tyd op oor die myngroep Mineral Sands Resources (MSR) se bedrywighede by die Olifantsriviermonding aan die Weskus, ’n gebied wat van groot ekologiese én ekonomiese belang is. Die uitbreiding van dié plaaslike filiaal van die Australiese mynreus Mineral Commodities (MRC) se Tormin-myn hier trek opnuut die aandag van omgewingsaktiviste, wat vrae het oor of die myngroep die vereiste omgewingsprestasie-evaluering vir die voorafgaande tydperk ingedien het.
Die onlangse uitspraak in die Wes-Kaapse Hooggeregshof teen MRC se voorsitter, Mark Victor Caruso, deur adjunk-regter-president Patricia Goliath, bring egter ’n sprankie hoop, sê Suzanne du Plessis, ’n aktiewe lid en voormalige voorsitter van die Olifantsriviermonding-bestuursforum.
Caruso is op 10 Februrie daaraan skuldig bevind dat hy aktiviste, omgewingsprokureurs en gemeenskapslede met verskeie lasterhofsake probeer stilmaak. Goliath het in haar uitspraak gesê Caruso is nie hof toe om finansiële vergoeding te kry nie, maar om diegene wat sy bestaande en toekomstige mynbedrywighede kritiseer, stil te maak. “Maatskappye kan nie toegelaat word om ons regstelsel as ’n wapen te gebruik om die gewone burger en aktiviste te initimideer en stil te maak nie.”..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Miriam Mannak
JoermalisMiriam Mannak is 'n joernalis in Kaapstad wat spesialiseer in menseregte, maatskaplike geregtigheid en volhoubare ontwikkeling in Afrika.