IN sy boek Being Mortal: Medicine and what matters in the end, beredeneer die Amerikaanse chirurg Atul Gawande die mens as ’n inherente sosiale spesie. Hier gaan dit oor meer as ons afhanklikheid van mekaar of dat ons van geselskap hou. “Ons is sosiaal op ’n meer elementêre manier: om bloot as ’n normale mens te bestaan, vereis interaksie met ander mense.”
Die gevolge van Covid-19 is legio, maar dit is juis hierdie einste boublok van ons menswees wat maak dat die impak van regeringsmaatreëls om die verspreiding van die virus te beperk so verreikend is. Die geestesgesondheid van mense oor die wêreld heen ly daaronder, toon talle studies en meningsopnames, met ’n toename in mense wat depressie en angs ervaar.
Ook die langtermyn-impak van die pandemie op geestesgesondheid word in grootskaalse internasionale projekte (https://www.nature.com/articles/d41586-021-00175-z) ondersoek. Dié pandemie is immers nog lank nie verby nie, en ook: Daar lê na alle waarskynlikheid nog ’n hele paar pandemies vir die mensdom voor. Die CovidMinds (https://www.covidminds.org/?fbclid=IwAR10FGHN1xVdFWF0aSRyOoEMVLzLFA0C03_RskbBl3UPnDHpCqVFkC6ZMpk)-projek is deur 'n internasionale netwerk van wetenskaplikes begin om die invloed van beheermaatreëls – waaronder beperkinge op vrye beweging en sosiale interaksie – op geestesgesondheid beter te verstaan. Die navorsing behels sowat 140 studies in meer as 70 lande. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.