×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Virusdeurbraak was ’n Kersdag-geskenk ná weke se geswoeg

WÊRELDKLAS-WETENSKAP

Virusdeurbraak was ’n Kersdag-geskenk ná weke se geswoeg

Op Kersdag verlede jaar is twee navorsers se weke lange geswoeg uiteindelik met 'n internasionale deurbraak beloon: die eerste isolasie van die nuwe variant in 'n lewende coronavirus. ELSABÉ BRITS het met hulle gesels.

DIE twee navorsers het verstom op die vloer van die African Health Research Institute (AHRI) se vlak 3-bioveiligheidslaboratorium in Durban gaan sit – hulle het pas die wêreld se eerste isolasie van die sogenaamde “Suid-Afrikaanse" variant in 'n lewende coronavirus gedoen.

Boonop het die viroloog dr. Alex Sigal en die mediese mikrobioloog Sandile Cele dié deurbraak op Kersdag gemaak ná weke se onverpoosde werk, en nie lank nadat die variant bekend as 501Y.V2 ontdek is nie.

“Ons was op die vloer. Letterlik. Ons twee het op die vloer gaan sit, oorbluf, en moes [later] ander persoonlike beskermende toerusting gaan aantrek,” vertel Sigal...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.