Narsiste: Is jou baas, ma, man, kind – of dalk jyself – een?

VERSKILLENDE GRADE VAN HEL

Narsiste: Is jou baas, ma, man, kind – of dalk jyself – een?

Ons ken waarskynlik almal so iemand: Amper alles wat hulle doen en sê gaan net oor hulleself of om dinge vir hulleself beter en makliker te maak. Maar om narsisme te herken is nie maklik nie, en vir ‘gewone mense’ om daarmee saam te leef kan hel wees, skryf RIETTE RUST.

HY is bewus daarvan dat ander mense emosies, behoeftes, voorkeure en prioriteite het – maar hy kan dit net nie in sy kop kry nie . . . hy empatiseer meer met sy goudvis as met sy dierbares, sê dr. Sam Vaknin, ’n Israeliese psigiater, skrywer en een van min selferkende narsiste.

Volgens die Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders (DSM-5) – die bybel van sielkunde – is ’n narsistiese persoonlikheidsversteuring ’n omvattende patroon van grootsheid, ’n behoefte aan bewondering en ’n gebrek aan empatie. Sommige mense het “net” narsistiese trekke. (Vir die doel van hierdie artikel sluit die woord narsisme albei grade in, tensy anders vermeld.)

Donald Trump, oudpresident van die VSA, is waarskynlik die bekendste narsis. Hy is groot en luid. Alles rondom hom blink en dra sy naam. “Wys my iemand sonder ’n ego en ek wys jou ’n verloorder,” het hy al gesê...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.