EK weet nie of jongmense huil wanneer hulle Suid-Afrika verlaat om in ander lande te gaan werk nie, maar dié ou tannie het vier jaar terug 24 uur lank in 'n kussinkie gehuil in 'n vliegtuig van Suid-Afrika tot in Viëtnam. Sedertdien, in my vyfde jaar, is ek elke dag dolgelukkig in my wiskundeklasse by 'n internasionale skool wat die Cambridge Curriculum volg.
Ongeveer 30 jaar in die skakelbedryf en die gekerm om betalings van kliënte in my eenmansaak te kry, het my laat verlang na 'n werk waar iemand anders kan sukkel om my maandeliks te betaal. 'n Ou, wit tannie het nie veel kans vir werk in Suid-Afrika nie, al het sy hoe hard probeer, maar met 'n wiskundegraad (wat sy nog nooit regtig gebruik het nie) sou 'n ander land dalk belangstel?
Toe die jongste dus matriek voltooi en sy vlerke uitslaan, het die ou ma haar tasse gepak om vir vyf jaar in vyf lande te gaan skoolhou. Eerste stop: Viëtnam. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.