IN my jong dae het ek ’n paar jaar in Italië gewoon terwyl ek in regeringsdiens was. Daar het ek ’n Italiaanse vriend opgedoen met wie ek dikwels lang gesprekke gevoer het oor allerlei aspekte van die lewe. Getrou aan die hoflikheidskodes van Italië in daardie tyd het ons mekaar nooit op die voornaam genoem nie; daarom is hy vandag nog vir my “signor Cerrato”.
Een van die standpunte wat hy met my gedeel het, was die volgende (natuurlik in Italiaans): “Julle Angel-Saksers, julle eet om te lewe; ons Latyners, ons leef om te eet.”
My ingebore Calvinistiese werksetiek het onmiddellik in my gemoed beswaar aangeteken: Hoe kan dit nou wees? ’n Mens het mos ’n roeping in die lewe, jy moet tog immers ’n bydrae maak; natuurlik moet ’n mens eet om aan die lewe te bly – sodat jy kan doen wat jy moet doen. Nie waar nie?..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.