“MOENIE! Moenie dit vir haar opsê nie!” roep ek benoud uit die kombuis na my twee dogters wat in die sitkamer kuier met hul Kanadese ouma. Hulle het met groot smaak “Oupa en Oupa sit op die stoep” vir haar begin leer.
“Maar Mamma, sy sal verstaan,” sê die oudste. “Presies! Dis hoekom jy nie daardie rympie vir haar mag sê nie!” “Maar hoekom nie?” vra my tweede een. “Want …” sukkel ek, “dis net snaaks vir Afrikaanse kinders. Hulle mag nie eintlik sulke stoute rympies voor grootmense sê nie.” Verwarde kyke. “Maar Mamma, jy’s 'n grootmens.”
Ja, my kind, dink ek, maar wat snaaks is in Afrikaans, is bietjie rof en onbeskof in Kanada...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.