'N ONLANGSE verwysing na die Suid-Afrikaanse klerebedryf wat so jammerlik in die hek geduik het, het my nie net na tissues laat gryp nie, maar ook na die rekenaar om my sê te sê. Tydens al die gebeure wat so baie dinge in ons land in die stof laat byt het, is die klerebedryf sekerlik een van die hartseerste.
Ons bly in 'n land waar ek amper met vertroue kan sê dat 'n groot persentasie van vroue aan een of ander vorm van figuurfout ly. En ek praat nou nie van vroue wat ure voor die spieël deurbring om na foute te soek nie, ek praat van die tipiese Suid-Afrikaanse vrou oor die volle spektrum van ons mooi land. Of jy ons wil ken of nie, ons is hier met ons swaar bo-arms (bye-byes), heupe wat kinders soos ertjies uit 'n dop kan laat spring en bobene wat jy net ATM’s kan noem: African trademarks. En ons kan nie almal die bak op die hoogste rak raakvat sonder 'n stoel nie.
Toe ons nog 'n klerebedryf gehad het, was die ontwerpers van klerereekse mense wat om hulle na hul mede-landsbewoners gekyk het en vir hulle ontwerp het. Daardie handige vrouens agter die naaimasjiene, veral in die Kaap, het geweet vir wie hulle klere maak, en was soms nie so suinig met die materiaal wanneer hulle die nate gestik het nie. (Ons almal weet mos dat daardie paar millimeter wat jy 'n naat kan uitlaat 'n groot verskil kan maak.) ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.