Zdravim z Holandska – groete uit Holland

NOTISIE UIT DIE DIASPORA

Zdravim z Holandska – groete uit Holland

Daar is niks soos 'n Vrydagaandbraai nie, skryf ROBERT WATTEL uit Hilversum in Nederland. En dis darem baie lekker as die Springbokke vir Engeland en die All Blacks opdonner. Maar tog skuif sy swaartepunt stadigaan na 'n nuwe (ou) lewe.

  • 14 Mei 2021
  • Klubhuis
  • 5 min om te lees
  • Artikel 24 van 29
  • Robert Wattel

SO 12 jaar gelede is ek uit die Kaap na Nederland om 'n paar maande daar in 'n kwekery te gaan werk. My studie was pas agter die rug. Ná die ekskursie sou ek terugkom en 'n ordentlike werk begin soek.

Al twee my ouers is in Nederland gebore en ons kerklike en sosiale kring in die Kaap het 'n sterk Nederlandse komponent en klank gehad. Dit was 'n gebruik onder die jongmense om nà skool of ná studie 'n pelgrimstog Nederland toe te onderneem. Daar was dikwels nog 'n oupa en ouma en natuurlik ander familie wat mens darem mee kon opvang.

Nadat my kontrak by die kwekery in Nederland afgehandel was, het ek nog 'n bietjie vertoef … en 'n vrou ontmoet. Nie 'n Hollandse vrou nie, 'n Tseggiese vrou. En só beland ek in Praag. Omdat ek gemaak het of ek goed Nederlands kon praat, kry ek toe ook maklik in Praag 'n werk by 'n besigheid met buitelandse belange...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.