EK wens dat ek vegetaries was, maar vir iemand wat in die Karoo grootgeword het, is dit 'n helse uitdaging. As ek na my pa se foto's van hom met sy geweer bo-op 'n dooie olifant kyk, oorweeg ek dit sterk. Toe my pa drie koedoes en 'n springbok opgesny het op ons kombuistafel, die een van geelhout met linoleum oorgetrek, het ek ernstig daaraan gedink.
Maar kleintyd al het hy my die skaap se ore laat vashou as hy die keel afsny met 'n knipmes - en as daai dofword van die oë my nie afgesit het nie, wis ek niks sal nie.
Ek probeer wel, maar so nou en dan MOET ek 'n Karootjoppie afsluk en in die winter moet ek fynvleis eet. Ek gooi sommer 'n hele paar stukkies skaap in 'n pot met water saam met uie, sout en baie witpeper. Dit staan maar daar en prut tot die bene afgekook is. Dit eet ek met samp en soetpampoen (bietjie suiker, baie botter.)..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
KOS UIT DIE KLUBHUIS
’n Bredie is ’n (lekker) droë ding
Vet weet, 'n bredie moet baie saggies prut in sy skaapvetjies, skryf SUZETTE MCKERRON, en gooi 'n glasie sjerrie.
Deel
EK wens dat ek vegetaries was, maar vir iemand wat in die Karoo grootgeword het, is dit 'n helse uitdaging. As ek na my pa se foto's van hom met sy geweer bo-op 'n dooie olifant kyk, oorweeg ek dit sterk. Toe my pa drie koedoes en 'n springbok opgesny het op ons kombuistafel, die een van geelhout met linoleum oorgetrek, het ek ernstig daaraan gedink.
Maar kleintyd al het hy my die skaap se ore laat vashou as hy die keel afsny met 'n knipmes - en as daai dofword van die oë my nie afgesit het nie, wis ek niks sal nie.
Ek probeer wel, maar so nou en dan MOET ek 'n Karootjoppie afsluk en in die winter moet ek fynvleis eet. Ek gooi sommer 'n hele paar stukkies skaap in 'n pot met water saam met uie, sout en baie witpeper. Dit staan maar daar en prut tot die bene afgekook is. Dit eet ek met samp en soetpampoen (bietjie suiker, baie botter.)..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel