OM so tussen die Britte te bly is nogal 'n belewenis, veral wanneer ek dink aan my oupas wat hulle hand en tand beveg het gedurende die Anglo-Boereoorlog. My oupa het sy gesneuwelde pa onder die Tommies se vuur van die slagveld gedra en dit oorleef met 'n skoot deur sy hoed. Ouma het die hoed saam met hom begrawe.
Die Britte kan my vreeslik irriteer, want hulle ken van kla. As dit nie oor die NHS (die nasionale gesondheidsdiens), die Royal Mail en die treine is nie, is daar iets anders. En natuurlik die weer. Ek moet sê daar stem ek nogal saam, hoewel 'n mens maklik van die winter vergeet as die pragtige affodille die hele land so geel inkleur in die lente. Op lang someraande waar ons almal buite sit met 'n kelkie chianti in die hand, voel ons amper of die Kaap weer Hollands kan wees.
Maar daar is een ding waarvoor ek die Britte bewonder – en as ek Oupa se hoed geërf het, sou ek dit vir hulle afgehaal het. Ek kan dit nie beter stel as John Mackinlay nie in sy uitstekende bespreking van die grasie en prag van veldbegraafplase van vervloë oorloë, getiteld A British Way of Remembering. (https://www.tandfonline.com/doi/abs/10.1080/03071847.2010.530518)..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
NOTISIE UIT DIE DIASPORA
Ons is die dooies
Die Britte se gekla irriteer hom, skryf JOHN McCABE, maar as daar een ding is waarvoor hy hulle bewonder, is dit hoe hulle hul gesneuweldes eer.
Deel
OM so tussen die Britte te bly is nogal 'n belewenis, veral wanneer ek dink aan my oupas wat hulle hand en tand beveg het gedurende die Anglo-Boereoorlog. My oupa het sy gesneuwelde pa onder die Tommies se vuur van die slagveld gedra en dit oorleef met 'n skoot deur sy hoed. Ouma het die hoed saam met hom begrawe.
Die Britte kan my vreeslik irriteer, want hulle ken van kla. As dit nie oor die NHS (die nasionale gesondheidsdiens), die Royal Mail en die treine is nie, is daar iets anders. En natuurlik die weer. Ek moet sê daar stem ek nogal saam, hoewel 'n mens maklik van die winter vergeet as die pragtige affodille die hele land so geel inkleur in die lente. Op lang someraande waar ons almal buite sit met 'n kelkie chianti in die hand, voel ons amper of die Kaap weer Hollands kan wees.
Maar daar is een ding waarvoor ek die Britte bewonder – en as ek Oupa se hoed geërf het, sou ek dit vir hulle afgehaal het. Ek kan dit nie beter stel as John Mackinlay nie in sy uitstekende bespreking van die grasie en prag van veldbegraafplase van vervloë oorloë, getiteld A British Way of Remembering. (https://www.tandfonline.com/doi/abs/10.1080/03071847.2010.530518)..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel