Waar wil jy hoort?

NOTISIE UIT DIE DIASPORA

Waar wil jy hoort?

Dit is bitter moeilik om te besluit waar jy gaan nes skop, skryf PETRUS VAN GAS uit Londen, waar hy al 15 jaar bly. Maar dit is net jy wat daardie besluit kan maak.

  • 04 Junie 2021
  • Klubhuis
  • 2 min om te lees
  • artikel 23 van 28
  • Petrus van Gas

DIE aanvanklike opwinding van die groot trek na Brittanje gaan gepaard met hope geleenthede, vars ervarings, nuwe vriende maak en natuurlik vasbyt, want maak nie saak wat mense jou vertel nie, dit bly maar taai om nes te skop in 'n nuwe land. Maar daar is een ding wat die trek hierheen demp: om nie te weet of jy gaan bly of gly nie, die onsekerheid van waar jou plek nou eintlik op die aardbol is.

Wat dan gebeur is dat alles wat mens ervaar, afgewater word met die twyfel of dit deel van jou permanente wêreld of tydelike wêreld is. Daai eerste naweek met die Eurostar Parys toe wonder mens of jy dit elke jaar tot aftrede sal kan doen of dalk daarna sal verlang in 'n aftree-oord op Robertson. Saam met dit knaag die verlange na die bekende van jou kinderjare; die vrees dat jy dit moet opgee. En hierdie tweestryd hou lank aan, want Suid-Afrikaners is huisvas. Jy wonder: wanneer en onder watter omstandighede gaan ek terug? Wat gaan ek daar doen om weer van voor af nes te skop? 

 Dan, skielik, op 'n sekere dag val die kaarte voor jou oop en jy besef “hierdie is nou huis". Dis 'n bevryding. Dis 'n las wat van die skouers rol. As jy in Suid-Afrika by familie kuier, kan jy praat van huis toe gaan sonder onsekerheid waar jy hoort – of selfs om skuldig te voel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.