Gesprekke is nou van ’n ander wêreld

NOTISIE UIT DIE KLUBHUIS

Gesprekke is nou van ’n ander wêreld

Op die skerm sien niemand jou frons nie, hoe jy jou oge rol of op jou tande kners of sug nie. En dan kyk jy kort-kort na jou eie gesig. (Dis tyd om hare te sny.) Dis anders, maar ons moet leer om ons te verlustig in dít wat nie voorheen moontlik was nie, skryf GERT VAN DER WESTHUIZEN.

  • 11 Junie 2021
  • Klubhuis
  • 3 min om te lees
  • artikel 24 van 29
  • Gert van der Westhuizen

GESPREKKE soos ons dit geken het, is nie meer nie.

In die ou normaal het geprekvoering beteken dat jy saam praat met ander, van aangesig tot aangesig, oog tot oog, met alles wat daarmee saamgaan: gesigsuitdrukkings, handgebare, en lyftaal. Toe kon mens  jouself in 'n gesprek inleef, erns daarmee maak, en geniet. Jy kon dit op enige plek doen, in die verbyloop, om 'n tafel, by 'n byeenkoms; soms net om te klets, soms met groot erns, intens, maar ten minste saam met iemand.

Maar nou is ons in gesprekke van 'n ander wêreld wat begin het met die Covid-afsluiting van mekaar in 2020. Dit is anderwêreldse maniere van praat. Dis die wêreld van praat op 'n skerm. Een groot gesig op 'n skerm voor jou, en jou eie langsaan. Of joune in 'n klein raampie, met talle ander soortgelyke raampies: gesigloses, mense in letters of name. Jy praat as 'n skermgesig, met jou naam onder, en 'n  raampie wat flikker sodat almal weet dis jy wat praat; met of sonder jou skermdeling-teks waaroor jy praat...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.