Ek het die virus oorwin!

DIE LEWE IS KORT

Ek het die virus oorwin!

NINA-ROSE CLARKE, 'n student aan die Universiteit van Wes-Kaapland, het nooit voorheen aan die dood gedink nie. Dis mos net ander mense wat doodgaan. Soos ou mense …

DIT was 2 Julie verlede jaar toe ek siek begin voel het. Weg was die opwinding oor soveel vrye tyd wat ek aan die begin van die inperking gevoel het. Tyd om tot tweeuur in die oggend op te sit net om na musiek te luister. Of te oefen wanneer ek wil. Of teen middernag koek te bak. Omdat ek kan. Môre kan ek slaap tot twaalfuur in die middag. Ek hoef nie vroeg op te daag vir klasse nie. My hele lewe is aanlyn. 

En toe, op ’n dag in Julie, verloor ek skielik my lus vir die lewe. My keel brand en my neus loop. Griep, het ek gedink, laat dit asseblief net griep wees. Maar dis Covid-tyd en ek vrees die ergste. Ek loop by my ma se kamer in. Wat as ons Covid het, vra ek. “Nee man,” sê my ma, “dit kan nie wees nie. Niemand het tog by ons voordeur uit- of ingegaan nie.” Maar ek het net al hoe slegter en banger gevoel.

Op dag 121 word dit bevestig: Ek het die virus. Dit was 6 Julie, die verjaarsdag van my peetkind. Die woede oorweldig my. Hoe kry mens Covid as jy maande lank vir dae in die huis opgekluister sit? Dis my huis, my veilige plek. Hoe kry mens ’n dodelike siekte in die afsondering van jou huis? Ek soek iemand om te blameer. Wie het my aangesteek? Wat as ek sieker word? Of doodgaan. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.