Die boekwinkel op die Skotse Hoogland, en die gawes van lees

NOTISIE UIT DIE KLUBHUIS

Die boekwinkel op die Skotse Hoogland, en die gawes van lees

JEANNE PRINSLOO het haar onlangs vir die dag tuisgemaak in The Highland Bookshop in die Skotse dorpie Fort William. Lees is 'n pad waarop mens wandel, dit neem jou op die onbekende, beskut jou, sê sy.

  • 16 Julie 2021
  • Klubhuis
  • 6 min om te lees
  • artikel 16 van 29
  • Jeanne Prinsloo

AS mens met die motor op pad is na die skilderagtige dorpie Glencoe op die Skotse Hoogland, ry jy deur die ewe skilderagtige dorpie Fort William, waar The Highland Bookshop – gewild by inwoners sowel as toeriste – dadelik die aandag trek. Dit was dié dag my en manlief se afgesproke “me” dag en hy wou Ben Nevis gaan verken terwyl ek my in The Highland Bookshop sou tuis maak.

Die datum (in my handskrif) voor in The Gifts of Reading is 8 Junie 2019. Daar in die winkel het dié kort werkie van 34 bladsye deur Robert Macfarlane sterk kompetisie gehad van hedendaagse populêre Skotse skrywers soos Irvine Welsh, Ali Smith, Janice Galloway en Jenni Fagan, maar was dit uiteindelik dié een wat my na my kredietkaart laat gryp het.  

Macfarlane is 'n Britse skrywer wat ek nog nie voorheen in Suid-Afrika raakgeloop het nie. Miskien was dit die voorwoord in dié Penguin-publikasie wat die deurslag gegee het:..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.