My goeie ***, dis tyd om jou woordeskat uit te brei!

NOTISIE UIT DIE KLUBHUIS

My goeie ***, dis tyd om jou woordeskat uit te brei!

Dit is tyd dat mense weer moeite doen om kleurvol en kragtig hulle vloekwoordeskat op datum te kry, skryf ISABEL MEYER.

  • 23 Julie 2021
  • Klubhuis
  • 2 min om te lees
  • Isabel Meyer

MY geslag is van kleins af geleer “meisies praat nooit lelik nie”. Dit het sommer ook seuntjies gegeld! Sommige ma’s het summier 'n mond vol peper gegooi of met seep uitgewas as daar onverwags 'n krom woord uitgegeglip het, al was dit heel moontlik 'n woord wat jy nie eers mooi geweet het wat dit nou eintlik beteken nie. 

Vloek as 'n woord-aksie het krag en woema en kan jou emosies uitspreek of ondersteun, hetsy dit woede, pyn, blydskap, verbasing of selfs hartseer sou wees. Daar is beslis verskillende grade van vloek – en daar is definitief sekere kragwoorde wat nie ligtelik rondgegooi behoort te word nie en sommige wat selfs dalk taboe behoort te wees. Akademiese tesisse is al geskryf oor die waarde van vloek, onder meer met ’n teorie dat mens makliker vloek in 'n ander taal as jou eie. Die nuwe webwerf vloek.co.za doen baanbrekerwerk oor vloek in Afrikaans. Want glo my vry, daar is unieke kragwoorde in Afrikaans wat net te goed op die oor klink om te vertaal. Maar selfs ’n goeie Franse knoop op sy tyd is lekker en tog o, so keurig.

Ek erken openlik dat ek soms vloek: by geleentheid, soos benodig en met gesofistikeerde mening. Vloek beteken nie jy moet jou gesprek deurspek met kragwoorde bloot vir effek nie. Dít getuig bloot van 'n persoon met 'n beperkte woordeskat. Herhaaldelike gebruik van een vloekwoord in ’n gesprek of vertelling verminder trouens die impak daarvan. Jy moet rede hê om iets te beklemtoon, uit te lig of aan te spreek. Jy moet mense kan oortuig dat daardie vloekwoord met rede in die gesprek gevoeg word, of indien jy die enigste aanhoorder is, moet dit steeds jou hart en siel uitdruk...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X