Waarhede oor ’n klein Raleigh-rooi randjie in ’n geknelde, ...

BEELDE VAN GEWELD

Waarhede oor ’n klein Raleigh-rooi randjie in ’n geknelde, gekwelde land

Wat is die waarheid tog? 'n Wondervreemde ding, skryf JEDRIE HARMSE, wat sy 40-duim-Samsung-televisie saam met die geweld wil weggee.

  • 30 Julie 2021
  • Klubhuis
  • 3 min om te lees
  • Jedrie Harmse

ONS kyk tot ná middernag TV, om seker te maak die “Groot Stroper” gaan rêrig tronk toe. Ek sou graag self wou sien hoe hy agter in die vangwa gelaai word. Maar nou ja, elke bietjie geregtigheid help. Selfs die blinknuwe fasiliteit in Estcourt is darem steeds 'n tronk, reg?

En ure later, sonder waarskuwing – of was daar? – bars beelde van geweld in my huis los. Mense hardloop stelend van winkelruit tot gebreekte winkelruit, verby geplunderde OTM's en laai nóg op. Ek is verstom oor die drie polisiemanne langs hulle vangwa: hulle staan, pistole slap aan hulle broeke en gaap die skare plunderaars aan.

Ek wil die 40-duim-Samsung-televisie gryp, daarmee straat toe hol en gil, “Kom vat die verdomde ding!” Ek wil die geweld saam met die TV weggee, vir 'n stroper; of  vir 'n ou in 'n shack wat nog nooit 'n TV besit het nie. Want ek wil nie meer sien nie …..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X