DIT is niks nuuts as jy hoor hoe mense verlang na hulle families, vriende en selfs hulle kollegas nie. Ons beleef nou al die tweede jaar van die pandemie, maar soms voel dit steeds soos iets wat verlede week gebeur het. Masker op die mond en alkohol op die hand en daar vat jy die pad.
Baie mense wat die geleentheid kry om werk toe te gaan sal gedurig vir diegene by die huis herinner hoe gelukkig hulle is om by die huis te wees. Maar hoe laat jy so ’n persoon verstaan dat die mure in die huis jou versmoor en dat die refleksie in die spieël nie eens meer oogkontak met jou wil maak nie?
Die lewe van ’n student voor ’n rekenaar is glad nie so eksoties en tech savvy soos almal glo nie. En die sleutelbord het al ’n kort sluiting beleef van die hoeveelheid trane wat daarop geval het omdat die dosent aan die ander kant van die Zoom-klas nie kan sien hoe die studente sukkel nie. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.