'N OORSLAAPTREIN en stasies met name soos Nelspoort, Merriman, Hutchinson en Oranjerivier, half ou-wêrelds, het my van kleintyd af gefassineer toe ons met my pa, 'n spoorwegman, se vrypas trein gery het. Wie was die Merriman en wat het Hutchinson hier gemaak?
Ter wille van die goeie ou dae het ek 'n paar jaar gelede besluit om op my eie met die trein na Johannesburg te reis. Watwou! Ek is mos 'n brawe senior, wat hopelik met respek behandel sal word …
Gestewel en gespoor teen die koue Noorde, kom ek by die Bellville-stasie aan met my vet blou tas, 'n swart toksak vol leesgoed, breiwerk en Kaapse wyn vir my vriende, nog 'n drasak met dit en dat, en my styfgeknypte handsak. Maar my pièce de résistance is my piekniek-koekboks met slagspreuke wat bedoel is om miskien 'n gesprek te ontlok, en van my welwillendheid spreek. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.