Emigrasie: ‘Hensoppers’ moet hul woorde tel

NIE MEER DEEL VAN DIE FAMILIE

Emigrasie: ‘Hensoppers’ moet hul woorde tel

'n Menigte Suid-Afrikaners woon nou in die buiteland – en wat ook al die rede daarvoor is, dit is 'n werklikheid dat daar ouers en ander familielede en vriende is wat steeds hier moet en wíl aansnork. Hoe voel ons daaroor as die kinders en neefs en niggies vanuit Perth en Parys en Plymouth hulle slim hou oor Suid-Afrika? Hier is van die lesersbydraes in reaksie op Adri Kotzé se nuusbrief* oor of diegene in die diaspora nog hul sê behoort te sê.

Bittereinders vs. hensoppers

Ek en my gesin is trots Suid-Afrikaans en woon steeds hier. Ons het al self gewonder oor padgee oorsee, maar ek het al genoeg gereis om te weet dat ander lande hulle eie probleme en ongemak en veral gemis van eie bodem en mense bring. Ons eie slotsom is dat die ontwrigting van om oor te begin met nuwe vriende en wortels meer skade gaan aanrig as om te bly.

Ons strategie is dus om te bly, te help werk aan ons land en ons só te vestig hier dat ons kind die vryheid en vermoë sal hê om eendag oorsee te gaan indien nodig...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.