Lesse uit die geskiedenis: ’n Revolusie vang altyd sy baas

'N MORSIGE STORIE

Lesse uit die geskiedenis: ’n Revolusie vang altyd sy baas

KAREN SWART, 'n geskiedenisonderwyser, delf in die Bybel en die Bolsjewistiese revolusie om te verduidelik hoe lesse uit die verlede oor konings en hul magslus, revolusies en revolusionêre, maar veral partymanne, vandag op ons van toepassing is. Haar wens is dat ons nie diegene is wat met 'n dolk in die rug lê of opeindig om spreekwoordelik aan mekaar se beendere te knaag nie.

  • 17 September 2021
  • Klubhuis
  • 7 min om te lees
  • artikel 19 van 33
  • Karen Swart

ENKELE weke gelede het ek moes navorsing doen oor die dominante bewegings en denke in die vroeë 20ste eeu. Gevolglik swem begrippe soos die ewige revolusie en robuuste individualisme in my kop rond. Soos ek lees en skryf en beeldmateriaal soek, vertel my man my van die wêreld buite my deur en dan wonder ek weer in watter jaar begewe ek myself. 'n Honderd jaar gelede klink soos vandag ...

In 1 Konings in die Bybel waarsku God die mens oor konings en die gevolge van hul magslus. Natuurlik wou die mens nie luister nie, want die mens, soos konings, soek mag. Deur al die eeue sukkel die mens om 'n antwoord te kry op hoe om hierdie mag te hanteer. Telkens dink hulle aan 'n nuwe idee om genoeg beheermaatreëls in te bou dat mag nie misbruik word nie. Sommige pogings is beter as ander, maar uiteindelik misluk hulle tog. Die mens raak 'n slagoffer van sy eie waan en magslus – misbruik, korrupsie en selfvoldaanheid neem oor.

Om my gewaarwordinge kort te hou wil ek vir nou net reflekteer oor die relevansie van die Bolsjewistiese revolusie van 1917. Tsaar Nicholas II was beslis nie die beste leier op die blok nie en die mense is uitgebuit, die adel het hulself verryk en die kleinboere het periodiek gesukkel om graan te kweek. Die gewone Russe se tydverdryf was om te kla oor die onregverdigheid van die situasie en hoe 'n revolusie nodig is. Baie van hulle was beïndruk met Marx se teorieë oor die diktatorskap van die proletariaat...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.