Lag nóg ’n slag

OORWINNING IN DIE MAN-GROT

Lag nóg ’n slag

Sy kom uit 'n vrolike familie, skryf SUZETTE MCKERRON. In elk geval van moederskant, waar geen ego bestand kan bly teen die aanslag van laggendes, poetsbakkers en beentrekkers nie.

  • 24 September 2021
  • Klubhuis
  • 3 min om te lees
  • artikel 16 van 38
  • Suzette McKerron

EK kom uit ’n laggende familie. Niemand laat ’n kans glip om te lê soos hulle lag vir ’n swakheidjie van ’n geliefde nie. Die teorie is seker dat dit ’n metode is om karakter te bou, ’n mens minder egoïsties en sensitief te maak. In ons geval het ons dit dalk te ver gevat.

Ons is grootgemaak met stories van my ma se Van Rheede van Oudtshoorn-ooms, almal poetsbakkers. Daar is êrens ’n foto van grootoupa veldkornet Frederik van Rheede van Oudtshoorn (van Ermelo) met sy 11 seuns met gewere oor die skouers, die kleinste twee nog in wit broderie anglaise-rokkies en houtgeweertjies. Al 11 glo spierwitgrys op 25 met fletsblou oë, almal reuse met sterk tande – soveel so dat my oom Langfrik van Rheede van Oudtshoorn ’n gedekte geelhouttafel van ses voet met daai tande kon optel. (Dit het ek geglo totdat ek dit eendag trots op universiteit vir my maters vertel het en ongemaklik aangestaar is. My broer glo dit steeds.)

Oom Wes het weer volgens oorlewering sy wit hare rooi gekleur en die familie oortuig dat die “verjonging” danksy ’n inspuiting van bobbejaankliere was nadat hy in ’n koerant daaroor gelees het. Ook dít is deur die goedgelowige laggende familie geglo...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.