Covid en die geskiedenisklas: Die goeie en die groteske

NOTISIE UIT DIE KLUBHUIS

Covid en die geskiedenisklas: Die goeie en die groteske

Van oormoed en selftevredenheid tot by die sosiale kontrak tot by China en die kaalkoppe van magslus – die geskiedenisonderwyser KAREN SWART verduidelik die verlede aan die hand van die Covid-19-pandemie aan haar klasse.

  • 08 Oktober 2021
  • Klubhuis
  • 4 min om te lees
  • artikel 19 van 30
  • Karen Swart

AS geskiedenisonderwyser put ek baie stof uit die globale stryd teen en ervaring en hantering van die Covid-19-virus. Geskiedenis is ’n vak wat deur baie as ’n sagte opsie of ’n stuk propagandagereedskap beskou word (iets wat dit wel is, as die onderwyser onkundig is). Maar die virus maak my vak baie relevant. Heeljaar sê ek vir my leerders: “Geskiedenis sê vir ons verandering kom, maar ons hoop dit wag net so ’n rukkie.”

Ek kan Covid gebruik as ek graad 10-geskiedenis behandel en vir die leerders die impak van die swart dood probeer verduidelik. Ek kan verduidelik hoe die samelewing deur rotte en globale handel gelyk gemaak is en arbeidsverhoudinge verander het. Skielik het grondeienaars arbeiders gesoek en nodig gehad en het die wiele stadig begin draai in die rigting van ons hedendaagse kapitalisme.

Ek kan Covid-19 gebruik as ek vir die leerders verduidelik van die sosiale kontrak en hoe daar ’n kontrak tussen die burgers en hulle staat moet wees – ’n kontrak van regte en verantwoordelikhede. Ek kan vir hulle verduidelik hoe die staat daargestel is deur ONS om ons te dien en ons te beskerm. Die klas kan deur ’n bespreking die slotsom bereik dat dit ons verantwoordelikheid is om die regverdige wetgewing te gehoorsaam. Volgens hierdie kontrak bestaan die staat nie soos ’n koningshuis vir homself nie, om mag te bekom en sy burgers te gebruik om sy mag te verbreed nie. ’n Staat het nie die mag om met sy burgers te praat soos dom en onverantwoordelike kinders nie. Die verhouding tussen staat en burgers is eintlik verweef in ’n web van gelykheid...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.