MY skoonma het 42 jaar gelede gedink ek is ’n opstoker. Miskien was sy reg.
Vandag weet ek hoe dit voel om op jou plek gesit te word. Ek’s sommer net so onseremonieel uitgeskop en gemuilband.
Dis so maklik soos dit. Iemand stel haarself aan as admin en stig Die Boord Telegram Sosiale Groep met baie goeie bedoelings. Dan gebruik sy die delete-knoppie nes sy wil. Maar sy maak eers seker almal weet hoeveel mag sy het en swaai die septer links en regs, dreig en vermaan, want sy is aan niemand verantwoordbaar nie. Sy stel self die reëls op en pas dit selektief toe soos dit vir jou gemaklik of ongemaklik voel. Hierdie sogenaamde reëls is ontwerp om te sorg dat niemand “stir” nie. Ook dat mense niks sinvols kan bespreek nie. Nee, sosialemediaplatforms soos buurtgroepe moet net lekker wees. Hier is nie plek vir demokrasie nie. Niemand kan jou kritiseer nie. Niemand kan voorstelle maak hoe om die groep meer sinvol te maak nie. Maar almal, veral knorpotte, is welkom om te kla oor hondebolle op die gras, katjies wat weggeloop het, mense wat stopstrate ignoreer en “ongewensde elemente” in “ons area”. Maar, o wee, moet net nie waag om ongemaklike vrae te vra nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.