Brief vir Anton Fransch

NOTISIE UIT DIE KLUBHUIS

Brief vir Anton Fransch

Op 17 was Anton Fransch 'n prominente aktivis in Bonteheuwel en voortvlugtig van die destydse polisie toe hy in 1986 landuit is om militêre opleiding in Angola te ondergaan. Drie jaar later het hy teruggekeer om die gewapende stryd voort te sit. Ná 'n skietgeveg van sewe ure met die veiligheidspolisie in 'n huis in Athlone is hy deur 'n handgranaat gedood. ANDRÉA VAN ROOI, 'n student, vra waarom Fransch nie dieselfde hulde as ander struggle-helde kry nie.

  • 03 Desember 2021
  • Klubhuis
  • 3 min om te lees
  • artikel 15 van 27
  • Andréa van Rooi

Meneer Fransch

Ek vertel vanmiddag vir iemand van jou dapperheid en jou onbaatsugtigheid. Terwyl ek met haar praat, raak ek skielik bewoë. En ek dink by myself: “Watse nonsens is dit dié van jou?”

Maar die trane het 'n wil van hul eie en loop sonder keer. Later kom ek agter ek huil oor jou lewe. Jou kort lewe. 'n Lewe waar jy nie kans gehad het om te trou, kinders te kry, jou kinders te sien grootword en dan húlle kinders te sien grootword nie. Jy was in die fleur van jou lewe. Ek huil toe omdat jy nog so jonk was en seker nog baie dinge wou doen, maar nooit die kans gegun is nie. Jy het gehelp veg vir die vryheid van ons bruin Suid-Afrikaners, maar jy sou nooit die vryheid self ervaar nie. Jou heel laaste woorde was: “Kom haal my as julle kan.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.