Die man met die vuil wit onderbroek

ARMES ALTYD MET ONS

Die man met die vuil wit onderbroek

In rolprente is ekstras, die akteurs op die agtergrond, onontbeerlik. Is die verslaafdes en haweloses op 'n manier die ekstras van die lewe? vra GABRIEL J. SNYMAN uit Vancouver in Kanada.

  • 28 Januarie 2022
  • Klubhuis
  • 6 min om te lees
  • artikel 18 van 31
  • Gabriel J. Snyman

AS 'n mens nie nabetragting doen nie, gaan 'n kosbare ervaring maklik verlore. Dit vervaag en verdwyn as jy dit nie koester deur dit te vertel en te bepeins nie. Maandag was so 'n dag, nog een in 'n reeks van eerstes vir ons hier in Kanada.

Ons was van Sondag af op vakansie en het by 'n natuurreservaat plek bespreek om in tente te kamp. Ons is nie ervare kampeerders nie. Suid-Afrikaners dink aan hulleself as buitelugmense en kampeerders, maar hier in Kanada het ons gou geleer enige Kanadees sit die gemiddelde Suid-Afrikaner ore aan as dit by kamp kom. Mense hier ry hulle water en krag aan. Hulle bly 'n hele week met een stel klere in 'n bos met te veel muskiete en bere om elke hoek en draai. 

Vroeër het ons by iemand gehoor kinders kan hier in Vancouver maklik geld verdien deur as ekstras in reekse, flieks en advertensies te verskyn. Ek het die nommer van 'n agent gekry en vir hulle foto’s van die kinders gestuur. Voor ek my weer kom kry, is ons in kennis gestel dat hulle klein rolletjies as ekstras in die reeks A Million Little Things gekry het. Die probleem was dat hulle Maandag iewers diep in Vancouver moes wees vir die verfilming, die eerste oggend wat ons in ons kamp-avontuur wakker sou word. Ons is dus Maandagoggend vroeg, hond en al, uit by die reservaat op pad na die middestad van Vancouver vir die begin van wat in my kop die glorieryke filmloopbaan van my kinders sou wees (en myne as hulle skatryk agent). ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.